Jy verlang na die bosveld se bekende roep.

Daardie koggelende vryheidsroep, weg van die stad se geraas en gejaag. Jy sien die bloedrooi sonsondergange….

Voel die stilte en vrede.

Jy onthou jou pêlle se jagverhale, met soveel oordrewe opgewondenheid om ‘n krakende kampvuur oorvertel en hoor die kitaar wat af-en-toe tokkelend die roep van die hiëna se tergelende lag verbreek. Wanneer die bekende naggeluide julle omring en brullende leeus die nag oorheers, dan weet jy in die hart van die bosveld is jy tuis.

Die reuk van oggenddou en bos wakker die lewe in jou aan. Aaaah, sonsopkoms met ‘n lekker koppie moerkoffie en beskuit. Dit gaan ‘n lang dag in die veld wees. ‘n Goeie dag. Die ritselende grasse en koeltebome verwelkom jou terug. Hier kan jy afskakel.

As die bosveld jou hartsnare roer, dan is jaglekker.co.za net vir jou.

Ons bied vir jou ‘n gerieflike platform met ‘n verskeidenheid rusplekke aan – diep in die hart van die bos. Elkeen uniek, met jagtariewe wat elke jagter se sak sal pas en jagdrome sal verwesenlik.

JagLekker bied iets vir almal; enkellopendes sowel as groepe.

Hier kan jy kom kop-neerlê, verskeie wildsoorte jag, ontdek, ontspan. Weer mens word.

By jaglekker.co.za, sal jou siel ‘n ware vredeplekkie vind...

Jaglekker (PTY) LTD
adverteer@jaglekker.co.za
083 302 0383
@ 2018